Stellenbosch, Worcester deur na Krugerfinaal

Stellenbosch se Krugerspan het vandag op sy tuisbaan deurgedring tot die finaal toe die Stellenbossers vir Hermanus met 5-1 geklop het. Hermanus se span het goeie teenstand gebied en drie wedstryde is eers op die laaste putjie beklink.
Anton Oosthuizen het vir Stellenbosch die wiel aan die rol gesit met 'n sege oor Desmond Sauls, maar Dirk van der Merwe het Hermanus se rekening geopen toe hy vir Robbie Oosthuizen 1 op geklop het.
Luan Boshff was met 5/4 te sterk vir Michael Frost, maar P Taberer het vir Karl Ochse kwaai teenstand gegee. Ochse wen met 1 op. Hennie O'Kennedy (Stellenbosch) het in 'n taai stryd vir Tyron Davidowitz 1 voor geklop, terwyl Jaco Spies vir J. Swart met 7/6 verslaan het.

*************************
WORCESTER KLOP CERES IN KRUGER-HALFEINDSTRYD

Worcester se Krugerspan was vandag op sy tuisbaan te sterk vir Ceres in hul halfeindstryd en het met 6-0 gewen.
Gerhard Jooste het vir C. de Bruyn snr geklop en JP Matthyse vir C. Muller. Hanro Venter het vir C du Toit gewen en Werner Erasmus vir Leonard Cedras. Cedric Rooi en Ryk van Schoor het onderskeidelik vir V Hewitt en C. de Bruin jnr geklop.
Worcester meet nou kragte in die finaal teen Stellenbosch.

WELLINGTON NA VOLGENDE RONDE IN BRODIE-LIGA

Wellington se Brodiespan het gevorder tot die volgende ronde in hierdie kompetisie toe hulle vandag gelykop met 3-3 teen Stellenbosch gespeel het. Danksy hul beter liga-posisie is dit Wellington wat deurgaan. Wellington se span was: J Janse van Rensburg, JC Schoeman H Visser, L Williams, L Bindeman en J du Toit.
Stellenbosch I se Brodiespan was: Gerrie Jonas, Deon le Roux, Gert Strydom (kapt), Clive Wagner, Carel Basson en Coenie Snyman.

FOTO: Wellington se Brodiespan.

Category: