Spanne vat mekaar vas in Seniorsliga

Die eerste ronde van die Boland Seniorliga was baie taai en in 3 van die 4 wedstryde was daar baie min te kies tussen die spanne.
Devonvale en Stellenbosch het 3-3 gelykop gespeel.
Clive Wagner en Jackie Snyman het die Stellenbossers aan die gang gekry met seges, maar daarna het Riaan Olivier, Nick Smit en Jorrie Jordaan die volgende drie wedstryde vir Devonvale gewen.
Peter van Coller het op nommer 1 vir Stellenbosch vir Archie Steyn geklop om die wedstrydtelling gelykop te bring.
Wellington was met 3.5 – 2.5 net te sterk vir Langeban. Con Barnard, Ferdie van der Merwe en Hilton Solomons het seges vir die Wellingtonners behaal, terwyl Mark Springer en Mike Oelofse vir Langebaan gewen het.
Roland Adams het die belangrike halwe punt ingebring vir Wellington toe hy sy wedstryd met JD Pretorius halveer het.
Kleinmond het op sy tuisbaan met 3-3 gelykop gespeel teen Paarl. Dit was ‘n baie tawwe stryd.
Vir Kleinmond het Pierre van Heerden en Pieter Botha seges behaal, terwyl Stefan Burger en Anthony Ferreira elk ‘n belangrike halwe punt ingebring het deur hul wedstryde te halveer onderskeidelik teen Hannes Louw en Franz Lohbauer. Vir die Paarl het Hennie Hamer en George Bezuidenhout gewen.
Hermanus was met 6-0 heeltemal te sterk vir Riverside. Dave Burn, Desmond Sauls, Lieb Louw, Michel Frost, Adrian Kuiper en Dirk van der Merwe was almal vir Hermanus aan die wenkant.

Category: