Paarl HJS is vanjaar Boland se skolekampioene

Die skole-gholfspanne van Paarl Hoër Jongenskool asook De Villiers Graaff gaan die Boland vanjaar verteenwoordig by die nasionale hoërskole-toernooi wat in Augustus by Devonvale gaan plaasvind.
Die Boishaai-span bestaande uit Tyron Snyders, Francois Cilliers, Daniel Cronje en Ian du Plessis het gister op Worcester die Boland se hoërskole-toernooi gewen met ‘n telling van 225 (elke span bestaan uit 4 lede en die beste 3 tellings tel).
Paarl HJS se tellings was Tron Snyders 73, Francois Cilliers 74 Daniel Cronje 78 en Ian du Plessis 82
De Villiers Graaff se telling was 236 en die individuele tellings was Jurian Mostert 75, Carlos Losper 86, Aidon Willlemse 78 en Alric Rooi 83.
Daarna het gevolg HTS Drostdy en Boland Landbouskool op 240.
HTS Drostdy se individuele tellings was Arnold Grove 74, Hugo de Villiers 85, Jody Hammer 85 en Lee Engelbrecht 81
Boland Landbou se individuele tellings was A Kruger 76 P Herselman 88, D du Plessis 81 en T Gantz 83.
Paul Roos het 242 gespeel – Adriaan de Waal 77, Christiaan Neethling 82, Louis Loubser 83 en Du Toit Fourie 88.

Category: