Jurian wys sy groot talent in Theewaterskloof-toernooi

Die 16-jarige Jurian Mostert het met 'n puik vertoning tydens die Theewaterskloof Klubkampioenskapstoernooi gewys dat hy oor goeie vorm beskik wanneer hy later vanjaar die Bolandse junior span gaan verteenwoordig by die SA IPT Junior toernooi.
Mostert het die klubkampioenskappe met 'n telling van 138 gewen na rondes van 67 en 71.
Volgens Jurian was die sterkpunte van sy spel tydens die toernooi sy kortspel om die setperke asook sy setwerk.
Mostert is 'n graad 10-leerder by HS De Villiers Graaff op Villiersdorp en is lid van die De Villiers Graaff Gholfakademie waar hy deur Murray Smit van Swingfit afgerig word.
Jurian kom oorspronklik vanaf Lutzville en is eers vanaf vanjaar 'n leerling op Villiersdorp. Hy het sy gholf op Lutzville geleer en is 'n groot vriend van Erhard Lambrecht, Bolandspeler wat ook vanaf Lutzville kom.
Jurian is oorgehaal om sy heel beste vir die Boland te lewer. "Ek is geestelik goed ingestel vir die toernooi en het heelwat vertroue na die afgelope klubkampioenskappe.

Category: