2011 Boland Gholf Unie / Ernie Els Laerskole Kwalifiserende Rondte
'n Groot geleentheid het ons junior spelers te beurt geval. Vir die eerste keer in die geskiedenis is die Boland Gholf Unie / Ernie Els Laerskole Kwalifiserende Rondte by Kuilsrivier Gholf Klub op 12 September 2011 aangebied. Ons het uitstekende belangstelling van ons junior spelers ontvang en 10 skole het gister meegeding om die plek in die finaal.
Die spelers is vroeg oggend verwelkom en die reels van die dag is met hulle bespreek. Daar was 'n versoek dat die onderwysers, ouers en afrigters wat die spanne vergesel het, elk saam met 'n 4-bal sal beweeg en help met telling hou. Vir sommige spelers was die kompetisie 'n bietjie oorweldigend, maar van ons jong opkomende spelers het voorwaar uitstekende gholf gespeel.
Aangesien die skole nie in hul spanne meegeding het nie, maar in verskillende 4-balle ingedeel was, het die afwagting oor wie nou eintlik die beste span op die dag was, begin oploop. Die 4-balle het die een na die ander klaar gespeel en die kinders het met afwagting die uitslae begin dophou.
'n Naelskraap oorwinning deur Bridge House wat Eikestad Laerskool met 'n enkele punt gewen het, het hulle verseker van 'n plek in die finaal wat by die Gardener Ross Gholf baan van 7 - 9 Oktober 2011 gespeel sal word.
Die individuele wenners vir die dag was as volg:
1ste: Clint Jansen - 76
2de: Garrick Higgo - 83
3de: Luca Swarte - 84
Ons sien baie uit om ons jong belowende spelers oor die volgende paar jaar dop te hou en te sien hoe hulle ontwikkel in die nuwe generasie Ernie Els spelers!!!
Baie dankie aan elkeen wat betrokke was om hierdie dag 'n reuse sukses te maak! 'n Spesiale woord van dank aan Kuilsrivier Gholf Klub vir julle fasiliteite en die voordurende ondersteuning aan Junior Gholf, sonder julle puik samewerking sou hierdie dag verseker nie so 'n groot sukses gewees het nie!!
VERJAARSDAE
7 April
Hynnes Herselman
12 April
Chris Botha
25 April
Eric Bester
26 April
Kine Bredenkamp
27 April
Amore Steyn
Namens die Boland Gholf Unie wil
ons vir julle 'n baie gesëende
dag toewens!
