President Jaar verslag 2009
Hartlik welkom aan almal teenwoordig by ons 2010 Algemene Jaarvergadering.
Die jaar 2009 was 'n goeie jaar met verskeie hoogtepunte. Ons het 104 ingeskrewe lede gehad en met die dat daar meer as 900 lede by Boland Klub is het ons 'n nuwe rigting ingeslaan vir die werwing van meer lede.
Met die hulp, visie en ondersteuning van die Unie en klubs het ons besluit dat alle junior lede by ons klubs outomaties lid word van BJGS vanaf 1 Januarie 2010 sodra hulle die inskrywingsvorm van BJG aan ons gestuur het. Ek kan met trots aankondig dat ons alreeds meer as 150 ingeskrewe lede het.
Ons spelers het weereens verskeie geleenthede gekry om in verskeie vlakke kompeterende gholf te kan speel met die vernaamste O/12, O/14, O/16 en O/18 SA Boys wat gepaard gegaan het met span kompetisies.
Verder was daar die Fish River Challenge. Die 3 Hoekige, die 6 Hoekige asook 'n eerste-die Aliwal Noord O/16 toernooi.
Ons dogters gholf het tydens 2009 met rasse skrede vooruit gegaan en in Aliwal Noord het hulle gewen. So ook het een van ons dogters op meriete ons O/12 span verteenwoordig tydens die O/12 toernooie in Fish River en O/12 SA Kampioenskappe te Clovelly. Ons het ook in 2009 vir die eerste maal 'n dogter span na die 6 Hoekige gestuur.Ons Boland Junior Meesters Toernooi is in Oktober 2009 te Ceres gehou en Drikus Bruyns is die draer van die "Green Jacket" vir 2009.
Ons het 'n baie onervare span na die Interprov in Desember geneem met 5 spelers wat vir die eerste keer in die toernooi gespeel het. Dit het duidelik gewys in ons resultate maar ek is opgewonde oor wat ons span in 2010 sal kan vermag. By die geleentheid is Karl Ochse opgeneem in die O/18 Uitnodiging span wat in 2010 teen 'n O/23 span van Skotland sal speel.
Boland Junior Gholf is besig om in alle ouderdoms groepe en op alle vlakke van krag tot krag te gaan. Daarvoor het ek die volgende om te bedank:
Die Boland Gholf Unie. Met die wonderlike ondersteuning op alle vlakke is ons een van die min Junior Stigtings in die land wat 100% samewerking tussen Junior en Senior Gholf geniet. Aan Gerhard Conradie en sy span van 2009 kan ek net se baie dankie. Ek twyfel nie daaraan dat die proses sal voort duur onder Servaas de Kock en sy span van 2010 nie.
Die Boland Nomads wat onder ongelooflike moeilike finansiele omstandighede weereens 'n massiewe bydrae tot Boland Junior Gholf gemaak het. Sonder hulle sou ons net eenvoudig nie alles kon bybring nie. Baie dankie aan Ronnie en sy span en ons hoop om in 2010 te kan voortbou op wat ons in 2009 bereik het.
Aan al die lede van my Komitee. Dit was weereens 'n voorreg en eer om saam met julle, dit wat ons so na aan die hart le, te kon dien. Sonder julle was daar geen Boland Junior Gholf nie.
Aan Marinda Eksteen wat al ons administrasie take so wonderlik verrig. Baie dankie vir jou onbaatsugtige bydrae tot ons sukses.
Dan ook aan Eden Thompson, ek verstaan dat baie van dit wat hy doen in die loop van sy normale werk is, maar daar is ook baie kere waar hy daardie ekstra myl gaan om ons van hulp te wees.
Aan julle almal baie dankie en ek glo dat 2010, my laaste jaar by BJG, net so goed gaan wees soos in die vorige jaar.
Baie dankie
Johan Scholtz
15/03/2010
VERJAARSDAE
4 Januarie
Jaco Coetzee
5 Januarie
Crystal Beukes
6 Januarie
Juan Steyn
7 Januarie
Tian van Lill
9 Januarie
Shane Ross
12 Januarie
Wikus Smit
16 Januarie
Luan Louw
20 Januarie
Hennie Beukes
29 Januarie
Carl Brown
31 Januarie
Edward de Villiers
Namens die Boland Gholf Unie wil
ons vir julle 'n baie gesëende
dag toewens!
