Higgo wen eerste toernooi as beroepspeler

Garrick Higgo (De Zalze) het vinnig aangepas in die wêreld van beroepsgholf en het pas sy eerste toernooi as beroepspeler gewen. Higgo het hierdie prestasie behaal by die Big Easy IGT-toernooi op die Modderfontein-baan.
Higgo het rondes van 66 70 en 72 gespeel vir ‘n totaal van 208.
Drie spelers wat verlede jaar nog die Boland by die SAIPT verteenwoordig het Karl Ochse, Hennie O’Kennedy en Luan Boshoff het ook goed gevaar in hierdie toernooi as beroepspelers
Ochse was in die gesamentlike 12de plek op 214 (70 73 en 71), terwyl O’Kennedy in die gesamentlike 15de plek was op 216 (69 73 74).
Boshoff het 220 gespeel na rondes van 74 72 74.

Foto: CJ du Plooy

Category: