Hennie toon goeie vorm in Kaap Provinsie Ope

Hennie O’Kennedy van Stellenbosch-klub het die beste gevaar onder al die Bolanders wat aan die Kaap Provinsie Ope-toernooi deelgeneem het. Die toernooi is op die bane van Kingswood en George gespeel.
O’Kennedy was in die 14de plek na tellings van 68 71 74 en 73 vir ‘n totaal van 286.
Luan Boshoff (Stellenbosch) was in die 18de plek met tellings van 70 70 71 en 76 (287).
Keagan Thomas (Pearl Valley) het ook stewige gholf gespeel en tellings behaal van 68 73 74 74 vir ‘n totaal van 289 – 23ste plek.
Tyron Davidowitz (Arabella) het ook konstante gholf gespeel met tellings van 73 75 72 72 (292) – 32 ste plek.
Erhard Lambrecht (Stellenbosch) was met ‘n totaal van 300 in die 53ste plek na rondes van 72 77 75 76, terwyl die jong Daniel Cronje van die Paarl op 303 geëindig het na rondes van 73 74 75 81 (59ste plek).

Category: