Daniel Cronje is Boland se top-junior

Daniel Cronje van die Paarl het vanjaar getoon hy is ongetwyfeld die voorste junior in die Boland en was die oortuigende wenner van die Boland Junior Houespel-toernooireeks. Hy was die o.19 wenner asook die algehele wenner.
Om te kwalifiseer moes juniors in vier van die ses junior ope-toernooie (Ceres, Worcester, Robertson, Stellenbosch, De Zalze en Theewaterskoof) gespeel het.
o.18-UITBLINKERS
Cronje het in die Ceres toernooi ‘n skitter-telling van 66 gespeel en dit opgevolg met ‘n telling van 70 op Worcester. Daarna het hy ‘n puik telling van 68 op De Zalze gespeel en 75 tydens die Theewaterskloof-toernooi.
Aidon Willemse (TWK) het ook goeie gholf gespeel met tellings – 72 op Ceres; 76 op Worcester; 74 op De Zalze en 74 op Theewaterskloof.
Jurian Mostert (TWK) het ook baie bestendig gespeel en tellings behaal – 76 op Ceres; 70 op Worcester, 76 De Zalze en 77 Theewaterskloof.
Keanan Keffers (TWK) het stadig begin, maar puik geëindig met tellings van 72 op De Zalze en 71 op Theewaterskloof.
ANDER OUDERDOMSGROEPE
Francois Theron (TWK) het die o.17-afdeling gewen. Sy tellings was – 86 Ceres; 81 Worcester; 79 Robertson 85 Stellenbosch; 79 De Zalze en 77 Theewaterskloof.
John Rabie (Robertson) het die o.15-afdeling gewen. Sy tellings was 91 – Ceres; 82 Robertson; 88 Stellenbosch; 76 De Zalze.
Die o.13-afdeling is gewen deur Johandre Theron van Malmesbury. Sy tellings was - 89 Ceres; 98 Worcester; 91 Robertson; 82 Stellenbosch; 82 De Zalze. Ghery Rabie (Robertson) het die tweede beste van die o.13-spelers gevaar.

Category: