D-dag vir Devonvale en Clanwilliam in Brodie-liga

Wie gaan senuwees van staal hê op die setperke? Wie se gholfswaai gaan die druk die beste hanteer?
Die span wat hierdie aspekte van gholf die beste gaan beheer, sal waarskynlik môre gekroon word as die Brodieliga-kampioene.
In die finaal, wat op Langebaan gespeel word, is Clanwilliam in aksie teen Devonvale.
Die spanne se spelers sal as volg meeding (Clanwilliam se spelers eerste genoem in die volgorde van nommer 6 tot nommer 1):
Nico Smith teen Michael le Roux;
Mark Botha teen Donovan Klaasen;
Abrieon Cloete teen Nigel Swartz;
Jan Mouton teen Howard Mackrill
Dereck Heyn teen Craig Jeniker;
Edwin Hendricks teen Andre van Boom.

Category: