Conrad was Bolanders se uitblinker by Katberg-toernooi

Conrad Loubser was die blink ster in die Bolandse o.13-span tydens die afgelope seshoekige toernooi waaraan spanne van Boland, WP, Suid-Kaap, Grens, OVS en Noord-Weste deelgeneem het op Katberg.
Loubser, jonger broer van Herman wat op die Sonskynreeks speel, was die individuele wenner in die onder 13-afdeling.
Al die spelers het 5 rondes van 9 putjies gespeel en Loubser se tellings was 38 38 38 37 35 vir ‘n totaal van 186 – slegs 6 houe meer as baansyfer.
Ook Ghery Rabie van die Boland-span het stewig gespeel en was in die 16 de plek met tellings van 45 43 42 45 43 – 218.
Die ander tellings van die Boland-spelers was: Trevino Sauls 223, Johandre Theron 225, Ingemar Scholtz 254, Sergio Japhets 273.
Boland as span was in die 5de plek – met Noord-Weste wat die spantoernooi gewen het.
Elke span bestaan uit 6 spelers en die 5 beste tellings van elke ronde tel.
• In die o.15-afdeling het die Bolanders in die 6de plek geëindig saam met Grens. Suid-Kaap was baas in die o.15-afdeling.

Angelo Keffers was die Bolanders se individuele uitblinker in die o.15-afdeling en was met ‘n telling van 234 in die 6de plek van al die o.15-spelers.
Ook Janus Roberts het goeie gholf gespeel en was individueel in die 13de plek met ‘n telling van 246.
Ander tellings van die Boland-spelers was: Francois Theron 254, Auden Julies 266, James Joubert 274, John Rabie 281.

Category: