Open

Paarl-vroue wys hul klas by Kampioene-toernooi

Die vroue-kampioene van Boland-klubs was ook in aksie tydens die Kampioene van Kampioene-toernooi op Langebaan en is oorheers deur spelers van die Paarl.
Al drie afdelings is gewen deur Paarl-spelers.
Die wenners gaan nou in November op die Glendower-baan meeding in die SA Kampioene van Kampioene-toernooi.

TELLINGS: AFDELING A

Maggie Minnie Paarl 79
Annerie Coetzee De Hoek 84
Erica van Niekerk Moorreesburg 86
Willemien van der Merwe Worcester 87
Cornel de Jager Wellington 90
Andrea van Dyk Langebaan 95

AFD B:

Boland se bestes onder klubkampioene gekroon

Die Kampioene van Kampioen-toernooi waaraan al die klubs se onderskeie klubkampioenskapswenners (in afdelings A, B en C) gespeel het, was ‘n naelbyt-stryd in alle afdelings.
In beide afdelings A, B en C was die wentellings gelyk en moes die spelers uitspeel.
In afdeling A het Ethan Smith (Paarl) en die junior Jurian Mostert (TWK) op 69 gelyk geëindig en moes uitspeel. Smith, wat onlangs met groot sukses vir die Boland aan die SAIPT-toernooi op Oubaai gespeel het, het die uitspeelstryd gewen.

Tyron is MVP by SA IPT op Oubaai

Tyron Davidowitz het van al die spelers in die B-afdeling by die SA IPT-toernooi op Oubaai die top-vertoning gelewer.
Davidowitz het al sy enkelspelwedstryde asook beurtspelle gewen en was die enigste speler wat ‘n ‘volhuis’ kon behaal, naamlik om die maksimum van 12 punte vir sy span te verdien.
Davidowitz was dan ook verdienstelik die MVP (Most Valuable Player) van afdeling B by die SAIPT.
Die Bolander LB Boshoff het ook ‘n puik individuele vertoning gelewer en altesame 11 uit ‘n moontlike 12 punte vir sy span ingebring.

Boland stoomroller Grens op laaste dag van SAIPT

Die Boland-span het op die laaste dag van die SAIPT op Oubaai vir Grens kafgedraf met 11-1.
Met die WP wat afgereken het met Noord-Wes gaan die WP afdeling B wen, met die Bolanders in ‘n baie sterk 2de plek.
In vanmiddg se enkels het die Bolanders weer behoorlik gekook:
LB Boshoff het sy skitter-vorm op nommer 8 in die enkels gehandhaaf met ‘n sege van 5/3 – hy het 5 voëltjies aangeteken en was 1 onder baansyfer na die dag se spel.
Ethan Smith was in ‘n stadium agter met 2 af, maar het oor die laaste 7 putjies 4 voëltjies behaal om met 4/2 te wen.

Boland maak skoonkip op dag 4 van SAIPT

Die Boland het op die voorlaaste dag van die SAIPT-toernooi op Oubaai twee goeie seges behaal oor onderskeidelik Mpumalanga en Limpopo.
Die grondslag vir die Bolanders se sege is weer eens gelê deur hul puik spel in die beurtspelle en het in albei wedstryde ‘n voorsprong van 4-0 opgebou na die beurtspelle. Dit beteken dat die Boland by vanjaar se IPT altesame 18 uit die 20 beurtspelle gewen het – sekerlik die beste prestasie deur ‘n Boland-span in baie jare in die beurtspelle by die SAIPT!

Wind waai sterk maar Bolanders kook by SA IPT

Die Bolandspan het vandag in baie moeilike toestande op Oubaai sy IPT-stryd teen Noordwes oortuigend met 10.5-1.5 gewen.
Die wind het sommer lekker sterk opgekom na 9 putjies en dit tesame met die reën het die baan baie lank en moeilik laat speel.
Hoe sterk was die wind?
Hennie O’Kennedy het die wind tydens die enkels baie duidelik aan sy bas gevoel op die 1e putjie (syfer 4) van Oubaai. Na ‘n goeie dryf kon hy nie setperk haal met sy 2 yster nie – so sterk was die wind!

Dag 1 van SA IPT- Boland begin met gemengde welslae

Die Bolandse span het op dag 1 van die SAIPT-toernooi gemengde welslae behaal. Die Bolanders het vir die Oostelike Provinsie met 7-5 – 4.5 geklop maar met 8-4 vasgeval teen die Westelike Provinsie.
In die wedstryd teen die WP was die beurtspelle gelyk met 2-2.
In die enkels het die jong Tyron Davidowitz vir die Bolanders eerste laat bloed ruik toe hy ‘n groot sege van 6/5 oor Ayden Senger behaal het. Davidowitz het oor die eerste nege putjies 4 houe onder baansyfer gespeel en was werklik kookwater.

Dag 1 - SA IPT - Boland begin goed in beurtspelle

Boland het ‘n baie stewige begin gemaak op dag 1 van die SA IPT-toernooi op Oubaai. Na afloop van die beurtspelle loop die Bolanders 4-0 voor teen Oostelike Provinsie en teen die WP is die telling 2-2.
Teen die WP het die jongelinge Ethan Smith en Tyron Davidowitz vir die Bolanders ‘n waardevolle punt laat vedien met ‘n sege van 3/1 oor Christian Basson en Neswill Croy. Daarna het Hennie O’Kennedy en LB Boshoff met 3/2 geseëvier oor Ayden Senger en Samuel Simpson.
Luan Boshoff en Karl Ochse het teen Tyran Snyders en Cameron Johnson verloor (3/2), terwyl Phillip Swanepoel en Keagan Thomas verloor het teen Deon Germishuys en Luca Fillipi (5/3).
Teen Oostelike Provinsie het Smith en Davidowitz met 4/2 gewen, terwyl LB Boshoff en O’Kennedy met 7/5 aan die wenkant was. Luan Boshoff en Ochse het met 5/3 gewen.
Swanepoel en Thomas was teen die Oostelike Provinsie die heeltyd agter maar het met ‘n skitter-eindpoging hul wedstryd met 1 voor beklink. Swanepoel en Thomas het met ‘n voëltjie op die 17de putjie asook ‘n arend op die 18de putjie die wedstryd met 1 op beklink.

Tyron Davidowitz wen Hermanus Ope

Tyron Davidowitz het vandag die Hermanus Ope gewen met ‘n telling van 142 – 2 houe onder baansyfer.
Hierdie sege moet vir Davidowitz baie beteken, want hy het die laaste maande besonder konstante gholf gespeel en op die vooraand van die SA IPT-toernooi waar hy die Boland gaan verteenwoordig sal hierdie sege baie doen vir sy selfvefrtroue.
Davidowitz is ‘n vegter op die gholfbaan en gee altyd sy heel beste. Die Hermanus-klub kan baie trots op hom wees.

TELLINGS:

Pages

Upcoming Tournaments

17/11/2018

This is a Boland OoM Counting Event

20/10/2018

This is a Boland OoM Counting Event

01/12/2018

This is a Boland OoM Counting Event

Open Tournament Results

Date Tournament Winner Club Points
Finished on 18/08/2018 2018 Montagu Ope Result PDF
Finished on 30/09/2018 2018 Champion of Champions @ Langebaan Result PDF
Finished on 12/02/2018 2018 Caddie toernooi - Kleinmond Result PDF
Finished on 13/10/2018 2018 Riverside Open Result PDF
Finished on 09/09/2018 2018 Hermanus Open Result PDF
Finished on 01/09/2018 2018 Swellendam Open Result PDF
Finished on 17/06/2018 2018 Arabella Open Result PDF
Finished on 03/06/2018 2018 Stellenbosch Open Result PDF
Finished on 25/03/2018 2018 Bobby Lock at Robertson Result PDF
Finished on 20/04/2018 2018 Boland Open Championship - Worcester Result PDF
Finished on 15/04/2018 2018 Malmesbury Open Result PDF
Finished on 11/02/2018 2018 TWK Open Result PDF
Finished on 04/02/2018 2018 Wellington Open Result PDF
Finished on 27/01/2018 2018 Ceres open Result PDF
Finished on 20/01/2018 2018 Citrusdal Open Result PDF
Finished on 13/01/2018 2018 Worcester Open Result PDF