Mid-Amateur

SA Mid-Am IPT-toernooi - Boland sal die lesse moet leer

Die Boland Mid-Am-span het op die laaste dag van die SA IPT Mid-Am-toernooi hard geveg en ‘n gelykop-uitslag van 6-6 teen Oostelike Provinsie behaal.
In die beurtspelle het die Bolanders goed vertoon en was voor met 2.5 – 1.5.
Andre Ficks en WP Botha het weer baie goed gespeel en met 2 op gewen, terwyl Anton Oosthuizen en Philip Spies met 3/2 baas was. Jaco Spies en Robbie Oosthuizen het hul wedstryd halveer.
In die enkels het omtrent al die wedstryde tot die laaste putjie of wat gegaan.

Boland Mid-Am se strategie werk goed teen Mpumalanga by SAIPT

Die Boland se Mid-Am span het vandag n goeie dag op kantoor gehad.
Die Bolanders het vandag by die SA IPT Mid-Am-toernooi ‘n baie goeie sege van 7.5 – 4.5 oor Mpumalanga gehad.
Die Boland het vir hierdie wedstryd ‘n ander strategie gehad en die spel-orde omgeruil. Dit het die gewenste resultate opgelewer.
In die beurtspelle het Jaco Spies en Robbie Oosthuizen op nommer 4 gespeel en gewen, terwyl Philip Spies en Anton Oosthuizen op no 3 baas was in die beurtspelle.
Die beurtspelle se resultaat was 2-2.

Tokkie se warm setstok laat hom Paarl Mid-Am-kroon dra

Francois (Tokkie) van Zyl het die 2018-gholfseisoen goed afgeskop toe hy die Paarl Mid-Am-toernooi gewen het. Dit was ‘n sterk veld gewees met heelwat provinsiale spelers wat om die titel meegeding het.
Van Zyl het gesê al die afdelings van sy spel was bestendig, maar dit was veral sy goeie setwerk (hy het 27 sethoue altesaam geslaan) wat baie gehelp dat hy ‘n wentelling van 71 kon behaal.

Deurbraak vir Mid-Am-gholf in die Boland

Die afgelope naweek het 'n belangrike wedstryd in beide die Boland-gholfunie asook die WP-unie se strewe om Mid-Am-gholf te bevorder plaasgevind toe die Bolandse Uitnodiging Mid-Am span hul eweknie van die WP gepak het.
WP se Uitnodigingspan het die wedstryd met 9.5 teen 6.5 gewen.
Belangriker as die uitslag was dat hierdie wedstryd vir Mid-Am-spelers van beide unies die geleentheid gegee het om hul slag op 'n hoër vlak te kon wys.

Upcoming Tournaments

04/11/2018

This is a Boland OoM Counting Event

Mid-Amateur Tournament Results

Date Tournament Winner Club Points
Finished on 04/03/2018 MID AM SERIES - BELLVILLE Result PDF
Finished on 18/02/2018 MID AM SERIES - KDM Result PDF
Finished on 08/07/2018 2018 Mid Am Series - De Zalze Result PDF
Finished on 10/06/2018 2018 Mid Am Series - Pearl Valley Result PDF
Finished on 06/05/2018 2018 Mid Am Series - Hermanus Result PDF
Finished on 14/01/2018 2018 Mid Am Series - Paarl Result PDF