Junior Golf

Boland eindig sterk by junior IPT

Die Bolandse o.19-gholfspan het die SA IPT-toernooi afgesluit op ‘n hoë noot toe hulle vir Noord-Weste oortuigend met 8-4 verslaan het.
Die grondslag vir die Bolanders se oorwinning is in die beurtspelle gelê toe hulle ‘n voorsprong van 3-1 opgebou het.
Die Bolanders het algeheel in die tweede plek in afdeling B geëindig met KwaZulu-Natal in die eerste plek.
Herman Loubser is aangewys as die mees waardevolle (MVP) speler in afdeling B, met Hennie O’Kennedy in die derde plek.

Boland se o.19 IPT-span struikel teen KZN

Die Bolandse o.19-gholfspan het vandag tydens die SA IPT-toernooi ‘n terugslag beleef toe hulle met 7-5 teen die sterk span van KwaZulu-Natal vasgeval het. Die Bolanders terselfdertyd ook met Mpumalanga kragte gemeet en was met 9-3 baas in hierdie stryd.
Die jong Bolanders het beslis die talent en gholf-vermoë gehad om die Natallers te kon klop, maar ongelukkig was hul besluitneming nie vandag op die hoë standaard wat hulle die afgelope jaar in toernooie gewys het nie.

Pages

Upcoming Tournaments

11/01/2015

Entries close on 1 December 2014
Draw to be published on 3rd December 2014

18/01/2015

Entries close on 1st December 2014
Draw to be published on 3rd December 2014

25/01/2015

Entries close on the 1st December 2014
Draw will be published on the 3rd of December 2014...

Junior Golf Tournament Results

Date Tournament Winner Club Points
Finished on 16/07/2014 Boland Junior Championships @ Arabella Result PDF Daniel Cronje
Finished on 27/07/2014 Caledon Junior Open Result PDF Dylan Fredericks
Finished on 04/05/2014 Porterville Junior Open Result PDF