Boishaai en De Villiers Graaff maak Boland trots

Die skolespanne van Paarl HJS en De Villiers Graaff het die Boland baie trots gemaak met puik vertonings tydens die SA Hoërskole-toernooi wat by Devonvale gehou is.
Die span van Boishaai was in die 3de plek met ‘n telling van 7 houe oor baansyfer. Die wenspan was Curro Aurora (gelyk aan baansyfer) met Affies tweede op +5.
Daniel Cronje (Paarl HJS) het vandag in die tweede (en laaste ronde) weer puik gespeel vir 71. Sy spanmaats Francois Cilliers (73) en Tyran Snyders (76) het ook hul kant goed gebring.
De Villiers Graaff het in die 7de plek geëindig met ‘n telling van +15.
Aidon Willemse (73), Carlos Losper (74) en Angelo Keffers (76) het puik gholf gespeel vir die span van Villiersdorp in die 2de ronde.
Wat die individuele afdeling betref was Cronje in die 4de plek met ‘n telling van 142.
Cilliers was in die 10de plek op 147, terwyl Willemse in die 18de plek was op 149. Losper, Keffers en Snyders was in die 21ste plek op 150.

Category: