Alric en Megan toon mooi belofte in junior toernooi

Alric Rooi (TWK) en Megan Streicher (Swellendam) het blink vertonings gelewer tydens die afgelope Bridge Fund Managers Junior Toernooi wat in die Paarl gespeel het.
Rooi en Streicher was albei in die 6de plek met ‘n telling van 74.
Cameron Somers (Piketberg), Janus Roberts en Jack Cloete (beide van Paarl) het ook goed gevaar met ‘n telling van 75 vir ‘n 8ste plek.

Ander Bolanders se tellings was:
• 76 – Jurian Mostert (TWK), Annalie Swanepoel (De Zalze) en Handro Griessel (Paarl);
• 78 - Shani Barnard (De Zalze), Danny Wattrus (TWK)
• 79 - Keanan Keffers (TWK) , Johan Cronje (Paarl)
• 80 – Crystal Beukes (Stellenbosch), Hezron Frieslaar (Wellington), Angelo Keffers (TWK);
• 82 – Cullen Timm (Riverside),
• 83 – Thomas Esterhuyse (Paarl);
• 85 – Pieter Rossouw (Paarl), Danie Jooste (TWK)
• 89 – Timothy Daniels (De Hoek).

FOTO: erkenning aan SAGBD

Category: